Dierevoeding

Inname van voer deur kalwers

Vraag

Ek het 3 Brahman bulkalwers gekoop van 108kg. Ek neem aan hulle sal seker so 3 maande oud wees. My kamp is so 20 x 30m met bome en groen gras op die stadium. Ek gebruik een van die resepte op Landbou.com. nl. mieliegruis, SS200, Bypass, melasemeel en gemaalde lusern. My probleem is dat hulle nie hulle 3% van liggaamsmassa vreet nie maar eerder omtrent 1%. Hoe kry ek hulle om die regte hoeveelheid te vreet?

Antwoord

Die mengsel is heelwaarskynlik reg en hulle vreet op die stadium meer weiding. Soos hulle swaarder word sal hulle alhoemeer van die voermengsel vreet.

3% inname verwys na totale inname d.i. weiding plus kragvoer.

Mengsel:

Voermol SS 200 V 8592 200 kg
Voermol Procon 33 V 12701   50 kg
Mieliegruis 750 kg

Geskryf deur:

Ulrich Müller

Tegniese bestuurder

Pr.Sci.Nat:  400044/08

Cell:  +27 (0) 83 414 5928

Web:  www.voermol.co.za

ulrich.muller@tongaat.com

7 April 2018


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X