Dierevoeding

Hooi en lekblokke vir wild

Vraag

Ons bly in ‘n plek waar wild vrylik rondlloop. Dit is baie droog en almal help met aanvullings. Ek kan nou die volgende hooi kry: oulandsgras,tef en hawer. Welke een is die geskikste? Die volgende wild kom voor: blouwildebeeste, koedoes, rooibokke, bosbokke, sebras, duikers en steenbokke. Kane k melasse saam met die hooi gebruik?

Antwoord

Enige van die drie hooisoorte is geskik.  My voorstel is dat Voermol Wildblokke (V13408) ook voorsien word.  Om vermorsing van die hooi te verminder, kan die melassestroop oor die hooi gespuit/gegiet word.  Verdun melassestroop met gelyke dele water en giet 1l van verdunde oplossing oor sowat 10kg hooi.

Geskryf deur:

Ulrich Müller

Tegniese Bestuurder

Pr.Sci.Nat:  400044/08

Web:  www.voermol.co.za

ulrich.muller@tongaat.com 

14 Augustus 2016


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X