Dierevoeding

Grofheid van mielies in voerkraalrantsoen

Vraag

Daar was oor die jare baie menings oor die grofheid van mielies in rantsoen. Van baie fyn tot heel mielies was al voorgestel. Wat is die regte grootte van mielies in beesvoerkraalrantsoen? Is dit meel, gruis, gebreekte pitte of heel mielies?

Antwoord

Die mielies in rantsoene is altyd ‘n baie kontroversiële onderwerp onder produsente, veeartse en voedingkundiges! Almal is altyd reg, maar dit is onderhewig aan ‘n paar voorvereistes. Baie goeie Oorsigartikels oor hierdie onderwerp is gepubliseer deur prof. Fred Owens.

Belangrike oorwegings is:

  • Alle fyn partikels wat die rumen ingaan, het heel eerste kans om die rumen te verlaat ( “Passage rate” verhoog). In kort is die “Rumen residence time” kort en gevolglik kan ons redeneer dat die blootstelling minder is aan vertering en die mielies word dus onvolledig gebruik in die rumen. Die ander feit is dat ons die blootstellingsoppervlakte ook vergroot en sodoende maklike toegang vir die bakterieë gee om die stysel by te kom. Gooi die twee teorieë saam en die netto effek is ongeveer uitgekanselleer! (ons gee die “Total Tract” styselvermentering by fyn mielies ‘n 2,5% beter vertering as by heel mielies).
  • Met enige maal/breek aksie van die mielie, verander ons bitter min aan die styselmolekuul en is dit vir die bakterieë steeds net so moeilik om die stysel te ontbondel en die glukose te gebruik. Slegs iets soos “Steam flaking” tempering kan die molekule ontbondel en die styselkettings losmaak. Normaalweg is dit ‘n ensiematiese aksie wat die bakterieë eers moet doen.

Ek het ‘n eenvoudige benadering:

  • Indien ek heel mielies in die rantsoen gebruik, moet ek ongeveer 60-80% heel mielies voer met minimale ruvoerinsluiting (<8%). Die heel mielie se “rumen residence time” is heelwat langer as die fyn mielie en ook heelwat veiliger, die herkou-aksie word gestimuleer met heel mielies, die buffering deur die speeksel is beter.
  • Indien ek mielies fyn maal (<2mm), moet die insluiting baie laer wees (40-60%) om sodoende beter ruminale vertering te kry. Die ruvoerinsluiting is nou baie belangrik en moet ongeveer dubbel dit wees as met heel mielies. Die ruvoer dien nou as rem vir die fyn mielies indien die twee komponente nie in die rumen skei nie.
  • Dit is belangrik om die ruvoer tipe en fyn mielies te “match” aangesien ligte ruvoer sal dryf, fyn mielies gaan afsak en lokaliseer op die ventrale sakke van die rumen waar daar min beweging is en ons kry ongewenste fermentasie wat skade in die rumen veroorsaak. Kuilvoere werk uitstekend saam met fyn/growwe/ heel mielies.

Die antwoord is nie so eenvoudig nie. Baie van die bg. kan op een of ander manier bestuur word in beide rigtings met behoorlike kripbestuur. Tydige en stiptelike voertye is altyd belangrik hetsy die gebruik van hominy chop, mielies heel/gekraak.

Die sleutelantwoord lê opgesluit in hoe konstant ons die rumenomgewing kan hou:

  • Dieselfde partikelgroottes (ruvoere en mielies)
  • Dieselfde in en uitvloei uit die rumen (egalige innames)
  • Dieselfde fermentasie tempo’s – (stabiele rumenmikrobepopulasie)

Geskryf deur:

Henning Vermaak, M.Sc (Agric)

Voedingskundige

Essential Nutrient Systems

henning@essentialnutrients.co.za

www.essentialnutrients.co.za


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X