Dierevoeding

Gevare van voer-erte vir ooie of lammers

Vraag

Een van die kundiges wat vrae op Landbou.com beantwoord, het ook vrae. Dr. Philip Theunissen, wat vrae oor finansies op die webwerf hanteer, het direk vrae aan kundiges gestuur. Hy skryf: Ek gaan ‘n winter-dekgewas plant wat ‘n mengsel van radyse, hawer/stoelrog en voer-erte gaan wees. Ek wil ooie met lammers daarop in die winter laat loop. Ek weet die radyse en die mengsel van hawer/stoelrog skep nie probleme vir skape nie. Is daar enige gevaar wat die voer-erte vir die ooie of die lammers uit ‘n voedingsoogpunt kan skep?

Antwoord

Dr. Jasper Coetzee antwoord:
Solank die groen erte bewei word solank dit nog groen is, behoort dit geen probleme te gee nie. Wanneer die pitte droog is en die diere neem te veel erte (pitte) in, kan dit suurpens en alkalose (ammoniakvergiftiging) gee. Die weidingmengsels wat jy beoog om te plant, het ‘n deurvloeiproteïentekort en daarom moet ‘n deuvloeiproteïenlek daarmee saam gevoer word.

Dr. Chris Dannhauser antwoord:
Die byvoeging van voererte is ‘n goeie plan. Soos elke peulgewas is daar ‘n geringe kans van opblaas. Die peulgewas  moet net nie te jonk of verlep wees  nie, dan is die kanse baie swak om opblaas te kry. Verder ook belangrik dat die diere nie honger moet wees as hul in die kamp geplaas word nie.

Mnr. Hendrik van Pletzen van Voermol skryf:
Net nog ‘n opmerking.  Ek kry elke jaar navrae oor geilsiekte met hawer in ‘n suiwer stand. Dit gaan gepaard met hawer onder stremming a.g.v. swartryp en relatief droë toestande.  A.g.v. hiervan, plant heelwat boere nie meer hawer in ‘n suiwer stand nie. Dan is daar ook kultivarverskille, bv. SSH39W wat ‘n baie goeie weihawer is (stadiger met baie goeie hergroei, soos stoelrog), is minder verdag. In my opinie is die risiko van Phillip se mengsel baie laag, met Chris se opmerking in gedagte gehou.

25 Februarie 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X