Dierevoeding

Alternatief vir kuilvoer

Vraag

Ek wil graag weet wat is ’n maklike plaasvervanger vir kuilvoer? Ons het nie meer kuilvoer nie nou wil ons iets anders in sy plek gee! Is daar nie iets wat jy met ‘n baal voer kan doen nie?

Antwoord

Mieliekuilvoer is die mees algemene kuilvoer en bevat die hoogste energiewaarde van alle soorte kuilvoere.

Voersorghum- en graskuilvoer se energiewaarde is laer en kan tot ‘n groot mate met ‘n hoë kwaliteit ruvoer vervang word.

Verskeie faktore soos die soort kuilvoer, voedingswaarde van die ruvoer, tipe dier en produksiestadium van die dier moet in ag geneem word wanneer kuilvoer met ‘n ander ruvoerbron vervang word om goeie resultate te verseker.  ‘n Produksielek wat ongeveer 50 % mieliemeel bevat kan bv. bygevoer word.

Geskryf deur: Hendrik van Pletzen, Tegniese Bestuurder, Voermol Voere (hendrikvp@mweb.co.za)

5 Januarie 2017


Kommentaar

Een kommentaar op “Alternatief vir kuilvoer

  1. J Vos
    J Vos

    Ek woon in die Hartbeesfontein omgewing. Het groenmielies wat reeds gepluk is (maar het nog genoeg koppe aan) om as kuilvoer te sny. Indien jy belangstel, kontak my by 0826753415.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X