Dierevoeding

Afronding van graad C beeste

Vraag

Ons wil begin om C Graad beeste af te rond in ‘n voerkraal. Kan julle my asb. raad gee hoe om dit ekonomies te doen?

Antwoord

Hiermee punte om te oorweeg by die voer van C-Grade.

  • Anders as by speenkalwers, word die wins by die voer van C-grade gemaak uit die aankoopmarge en nie die voermarge nie.
  • Uitskotkoeie handhaaf ‘n goeie daaglikse toename (GDT), maar met ‘n hoë voerinname.  Dus is die voeromsetverhouding (VOV) swak.  ‘n Koei benodig sowat 9kg lugdroë voer per kg toename terwyl ‘n speenkalf sowat 6kg benodig.
  • Die aankoopprys van uitskotkoeie moet baie laag wees om hulle winsgewend te kan voer.
  • Gebruik ‘n gewone voerkraalafrondrantsoen vir die afronding van C-Grade.

Voorbeeld:

Voermol SB 100 150 kg
Mieliegruis 650 kg
Hooi 100 kg

 

Hierdie is ‘n volledige voer en moet ad lib. gevoer word.  Voer addisionele hooi tydens die eerste 14 dae van aanpassing.

  • Die volgende tabel gee tipiese produksiesyfers:
Begin massa 430 kg
Eindmassa 530 kg
Voerinname (gem/dag) 17,1kg
Staandae 52
Uitslag % 52

 

Hierdie is riglynsyfers en sal effens verskil afhangende van tipe en kwaliteit van diere, begin- en eindmassa, vetheidsgraad aan begin, ens.

  • Diere moet geënt en gedoseer word aan die begin van voerperiode.  Kontak jou lokale veearts vir advies.
  • Op plaasvoerkrale gebruik ek ‘n riglynsyfer van R3.00/dag/dier vir oorhoofse koste.

Ek vertrou die inligting is van waarde.

Groete

Ulrich Müller

Tegniese Bestuurder

Voermol Voere

Pr.Sci.Nat:  400044/08

Cell:  +27 (0) 83 414 5928

Web:  www.voermol.co.za

ulrich.muller@tongaat.com 

26 Mei 2017

 

 

 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X