Dierevoeding

Aantal beeste by voer en drinkbak

Vraag

Hoeveel beeste kan ek gelyk voer by ‘n bees selfvoerder van 2,4 meter breed en hoeveel beeste kan gelyk water drink by ‘n drinkbak wat 1800 liter water hou en 1,4 meter breed is?

Antwoord

Antwoord:  Ek neem aan hierdie versoek is vir ‘n voerkraal situasie, m.a.w. diere vreet ‘n volledige voer beskikbaar vir 24 uur.

  • Diere neem ongeveer agt maaltye/dag waar voer ad lib. beskikbaar is.  Ek dink dieselfde geld vir water.
  • As duimreël moet daar sowat 20cm – 30cm/voerbakspasie beskikbaar wees en ongeveer 50% hiervan by die waterbak.
  • ‘n Voerkraal bees vreet gemiddeld sowat 10kg (±6kg tot ±14kg/dag) voer oor ‘n periode van 120 dae.
  • Gemiddelde water inname is sowat 50ℓ/dag maar op ‘n warm dag kan dit styg tot meer as 80ℓ.
  • Kraalspasie behoort sowat 12.5m²/bees te wees.
  • Bg. syfers word beïnvloed deur grootte van dier, variasie binne groep, reënval, ens.

Met bg. as riglyn is die fasiliteite beskryf voldoende vir sowat 80 beeste.

Geskryf deur: Ulrich Müller, Tegniese Bestuurder, Voermol Voere

Web:  www.voermol.co.za

ulrich.muller@tongaat.com 

27 Februarie 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X