Dierevoeding

Vra 'n vraag

Voermol

Voermol se span tegniese bestuurders het meer as 65 jaar ondervinding in dierevoeding- en boerdery-spesifieke bestuurspraktyke om winsgewendheid te verseker en oplossings te vind vir probleme met veeboerdery op elke plaas.

  • Mieliereste, tef en soetsorghum vir ooie en ramme

    Ek is van Leeudoringstad in die Noordwes provinsie. Graag wil ek inligting hê oor wat ek alles saam met gemaalde mieliereste, tef en soetsorghum kan meng om `n gebalanseerde rantsoen te maak vir my teelramme en ooie. En dalk ook die verhouding waarin ek dit moet meng asseblief. Ek het al die bogenoemde ruvoer. Baie dankie.
    • Grondbonehooi as bron van voeding vir diere in droogtetye

      Is grondbonehooi ‘n goeie bron van ruvoer in droogtetye?
      • Gars as voer vir ooie

        Ek het 'n garsland wat ek wou stroop, maar die land moes vroeg ryp gekry het want hy gee min en ligte saad. Die gars is klaar droog en staan omtrent 50 - 60 cm hoog. Kan ek nou ooie op die land jaag om dit maar op te eet en indien wel, watter tipe byvoeding kan ek gee?
        • Lusern en rosyntjies as voeding vir beeste en bokke

          Ons het bokke en beeste op ons plaas in Springbokarea en wil graag uitvind watse produk (Super 18 /afrond) is in geheel die beste produk om te gebruik as voeding saam met lusern en rosyntjies?
          • Afronding van graad C beeste

            Ons wil begin om C Graad beeste af te rond in ‘n voerkraal. Kan julle my asb. raad gee hoe om dit ekonomies te doen?
            • Oorlewing van mikro-organismes as lekke nie betyds vervang word nie

              Ek wil graag weet wat die effek op 'n skaap se rumen is, indien daar 'n onderbreking in die lek-inname plaasvind. Meer spesifiek, na hoeveel dae sonder lek begin ek skade aan die rumen of mikro-oorganismes doen deurdat hulle afsterf a.g.v. die kosaanpassing wat die skaap maak. Dit gebeur gereeld by my dat vee sonder lek is vir 2 of 3 dae en ek is bekommerd daaroor.
              • Aantal beeste by voer en drinkbak

                Hoeveel beeste kan ek gelyk voer by ‘n bees selfvoerder van 2,4 meter breed en hoeveel beeste kan gelyk water drink by ‘n drinkbak wat 1800 liter water hou en 1,4 meter breed is?
                • Benutting van sojaboonlande

                  Ons het so paar hektaar sojabone geplant om ons skape deur die strawwe winters van Dullstroom te vat. Ons gaan nie stroop nie. Wat is die beste manier om die sojaboonlande te gebruik? Wat is die voor en nadele tussen die lande, wei of bale maak? Kan U my help met die beste metode vir beide benuttings?
                  • Gevare van voer-erte vir ooie of lammers

                    Een van die kundiges wat vrae op Landbou.com beantwoord, het ook vrae. Dr. Philip Theunissen, wat vrae oor finansies op die webwerf hanteer, het direk vrae aan kundiges gestuur. Hy skryf: Ek gaan ‘n winter-dekgewas plant wat ‘n mengsel van radyse, hawer/stoelrog en voer-erte gaan wees. Ek wil ooie met lammers daarop in die winter laat loop. Ek weet die radyse en die mengsel van hawer/stoelrog skep nie probleme vir skape nie. Is daar enige gevaar wat die voer-erte vir…
                    • Hooi en baal van akkerbone

                      Ek wil weet wat is die proses/stappe wat ek moet volg om Akkerbone te hooi en te baal?

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X