Chemikalieë

Wil van indringerplante ontslae raak

Vraag

Geagte Dr. Ek het 'n stuk grond aangeskaf, maar ongelukkig met oorbeweiding en swak bestuur bestaan daar tans baie indringerplante, wat ek nou van ontslae wil raak. Ek kan ongelukkig nie 'n foto stuur op hierdie metode nie. Die eerste plant is wat (ek dink) bekend staan as 'n "Bankrot Aalwyn". Dit is 'n klein aalwynplantjie met vaalgrys stingels wat uit die kroon groei met rooi\oranje trompetvormige blomme. Die ander plant is wat (ek dink) bekend staan as 'n "Katbos of Katstert". Dit is 'n doringagtige bos met lang stingels met fyn groen blaartjies en dun reguit skerp dorings. Ek benodig asb. raad oor die bestryding van die plante. "Roundup" werk net vir 'n jaar en uitskoffel is baie arbeidsintensief. Enige raad sal grootliks waardeer word. (Ek kan fotos stuur as u my u e-pos adres gee) Byvoorbaat dank LJ van Tonder

Antwoord

Soos dit nou maar gaan, is daar nie onkruiddoders vir die beheer van alle probleemplante geregistreer nie. Vir aalwyne is daar geen onkruiddoders geregistreer nie (daar sal egter onkruiddoders wees wat dit kan doodmaak). Vir katbos (Asparagus of Protasparagus) is daar onkruiddoders geregistreer, en wel: triklopir, pikloram, tebuthiuron (hierdie is die aktiewe bestanddeel, m.a.w. die onkruiddoder, wat in produkte met ‘n ander naam voorkom) – vra u naaste koöperasie of onkruiddoder-handelaar vir advies.

LW: Die onkruiddoders hierbo na verwys het almal relatief lang nawerking in grond, en kan ook gewasplante en ander gewensde plante (bv. bome en struike) beskadig – die risiko vir besoedeling van waterbronne (bo- en ondergrondse bronne) moet ook in ag geneem word.  Vra u naaste koöperasie of onkruiddoder-handelaar vir advies.

* Geskryf deur dr. Charlie Reinhardt


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X