Chemikalieë

Vra 'n vraag

Dr. GERHARD VERDOORN

Dr. Gerhard Verdoorn is die direkteur van die Griffon-gifinligtingsentrum en ’n konsultant vir die landbou-chemiese bedryf. Hy gee raad oor verantwoordelike plaagbestryding en die vergiftiging van mense en natuur.

  • Sinkfosfied is springhaasrot se moses

    DAGSE, WIL GRAAG INFORMASIE OF PROGRAM HE HOE OM SPRINGHAAS ROTTE TE BEHEER SONDER OM DIE NATUUR TE BENADEEL?
    • Aasvoëls en vleis

      Daar word blykbaar redelik wyd aanvaar dat aasvoëls nie aan karkasse sal vreet van diere wat deur weerlig gedood is nie. Aangesien sulke karkasse geen gevaar vir aasvoëls inhou nie en daar dus vir hulle geen evolusionêre voordeel sou wees om dit te vermy nie, is die gedagte vir my vreemd. Ek verneem dus graag wat ‘n aasvoëlkundige se waarnemings in hierdie verband is.
      • Bobbejane as predatore

        As jong boer wil ek vir julle ‘n vraag stel. Sal ‘n bobbejaan ‘n skaap dood byt en net die uier eet? Of watter ander roofdier maak so? Ek het die afgelope 6 dae 3 skape verloor. Die keel is gebyt soos ‘n kat sou, maar die tandmerke is groter as normaal. Net die uier van die skaap is weggeëet? Die ooie het ek ‘n week terug van die lammers af weggeneem. Ek vermoed dis ‘n jong bobbejaanmannetjie wat die…
        • Middel teen houtkewers in dakbalke

          Ek is dringend op soek na ʹn middel om houtkewers in huise se dakbalke mee uit te werk. Kan u help, asb?
          • Kan fonteinwater onkruiddoders neutraliseer?

            Goeiedag, Ek wil net graag uitvind waste uitwerking het fonteinwater op onkruiddoders. Ek wil Roundup en 2,4-D spuit, maar party boere in die omgewing dink dat ek geld mors want fonteinwater neutraliseer die doders. Wat is u mening - sal dit waardeer. Dankie Sampie
            • Aktiewe tydperk van gifstof

              Ek het ongeveer 'n 2 jaar gelede 'n trekker-aangedrewe gifspuit (1000l kapasiteit ) gebruik om die gif Polytrim 200 EC van Villacrop te spuit teen die aanbevole sterkte (aktiewe bestandeel sipermetrien). Ek wil nou dieselfde spuit gebruik om 'n spuitdip (met Dazzel N F vir toediening op varke ) aan te dryf. My vraag is of die Polytrim wat voorheen in die spuit gebruik is nog 'n negatiewe uitwerking op die varke kan hê en indien wel, hoe kan ek…
              • Hoe nou met molle in die tuin?

                Ek het ewe skielik baie molle in my tuin en het al baie spandeer op middels by die plaaslike boermark , maar niks werk nie, wat kan u voorstel om hulle te dood of te vang ? Dankie John
                • Wil van indringerplante ontslae raak

                  Geagte Dr. Ek het 'n stuk grond aangeskaf, maar ongelukkig met oorbeweiding en swak bestuur bestaan daar tans baie indringerplante, wat ek nou van ontslae wil raak. Ek kan ongelukkig nie 'n foto stuur op hierdie metode nie. Die eerste plant is wat (ek dink) bekend staan as 'n "Bankrot Aalwyn". Dit is 'n klein aalwynplantjie met vaalgrys stingels wat uit die kroon groei met rooi\oranje trompetvormige blomme. Die ander plant is wat (ek dink) bekend staan as 'n "Katbos…
                  • Hou spinnekoppe weg!

                    Ek lees in die Landbouweekblad van 30 Mei 2014 van Mnr Deon Minnar wat raad vra om spinnekoppe weg te hou. Ons bly op Naboomspruit op 'n plaas. Hier by ons in die bosveld is daar ook vreeslik baie spinnekoppe.... Gewees. Ek het vroeer gereeld knopiespinnekoppe in en om die huis gekry. Selfs vioolskoppe kom in die omgewing voor. Ek het gereeld gespuit en dan ook die eiers, so ronde kokon, verbrand. Gif maak dit nie dood nie. Maar vandat…
                    • Gaatjies op spinasieblare

                      Ek plant spinasie op klein skaal, so 5000 plantjies op 'n slag en het 'n probleem met gaaitjies in die blare. Ek spuit nou makhro cyper op die blare elke twee weke maar daar is nog steeds gaaitjies en het al ook klein slakkies op die blare gekry. Hulp sal waardeer word. Ek bly in die Oos-Vrystaat.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X