Chemikalieë

Middel teen houtkewers in dakbalke

Vraag

Ek is dringend op soek na ʹn middel om houtkewers in huise se dakbalke mee uit te werk. Kan u help, asb?

Antwoord

Daar is ‘n plaagdoder wat spesifiek geregistreer is om hout soos balke teen houtkewers te behandel en te beskerm. Die produk se naam is PWP-F en dit word deur Avima verskaf en deur Efekto versprei. Kontak hulle by 011 769 1300.

Die middel word aangeverf, dit penetreer die hout en maak kewers en larwes dood. Dit sal ook die hout vir ‘n lang periode teen verdere aanvalle beskerm.

* Geskryf deur dr. Gerhard Verdoorn


Kommentaar

Kommentaar (7) “Middel teen houtkewers in dakbalke

  1. mkruger
    mkruger

    Ek het probleme gehad en my balke waar hulle uit die dak uitsteek met Kreosote geverf so 3 jaar terug.
    Nog nie weer probleme gekad nie.

  2. mnieuwoudt
    mnieuwoudt

    Sal hierdie produk ook help vir die boorwurm in die vye bome (al is die hout nog “lewendig”)?

  3. Jan van Niekerk
    Jan van Niekerk

    Hoe word EFEKTO PWF_F aangewend Daar is geen instruksies op die bottel nie

  4. alet nortje
    alet nortje

    Is daar n tipe kewer wat in hout of presswood nes maak , wat ook n mens byt in di aand.of is dit voelluise.Ek sukkel al 3 jr.het al 5 keer pest control gekry om poeier in dak te gooi en huis te spuit.Moedeloos vir di goggas wat in di aand kriewel en byt.

    • Jan Bezuidenhout

      Alet, Dis die inligting wat ons vir jou het.
      Sterkte

  5. Jean
    Jean

    Wat kan ek op die hout spuit voor ek hout meubels maak vir behandeling van hout vir enige goggas, wat nie giftig is vir werkers en publiek wat meubels koop.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X