Chemikalieë

Kan jy afvalwater by ‘n abattoir herwin vir besproeiing?

Vraag

Ek het 'n geregisteerde abattoir op my plaas en slag sowat 30 beeste per dag. Ek wil graag die dreinwater weer gebruik vir moontlik besproeing van gewasse wat ek weer kan gebruik vir veevoer. Ek gebruik redelik baie chloor en ander chemikalieë om alles te was en ontsmet drie maal per week. Die diere se bloed loop in 'n aparte drein af wat nie gekoppel is aan die drein vir was- en miswater nie. Hoe kan ek die water behandel om dit weer te kan gebruik?

Antwoord

Die probleem met die waswater is dat daar volgens wat ek lees ‘n redelike mengelmoes van ontsmettingsmiddels en dies meer in die water is. Benewens die chloor (mees waarskynlik in die vorm van hipochloriet) is daar ook ander chemiese middels in die water, en dit is beslis nie bevorderlik vir die plantegroei nie.

Sulke chemiese ontsmettignsmiddels sal ook die grond aantas en gunstige grondpatogene vernietig wat verdere druk op die plante se gesondheid en groeivermoë sal plaas. My aanbeveling is om eerder ‘n redelike vlak dam te bou waarin die water gepomp word en dan die water deurlopend te belug met toepaslike toerusting (amper soos dit wat mens by rioolwerke sien). Dit behoort die water se chemikalieë af te breek sodat dit wel as besproeiingswater gebruik kan word.

Dit sal egter nodig wees om ‘n kleinskaalse proef te doen en dan die water te laat analiseer by ‘n laboratorium ten einde vas te stel in hoe ’n mate die belugting die water detoksifiseer.

  • Geskryf deur dr. Gerhard Verdoorn, direkteur van die Griffon-gifinligtingsentrum op 22 Februarie 2018.

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X