Chemikalieë

Kan fonteinwater onkruiddoders neutraliseer?

Vraag

Goeiedag, Ek wil net graag uitvind waste uitwerking het fonteinwater op onkruiddoders. Ek wil Roundup en 2,4-D spuit, maar party boere in die omgewing dink dat ek geld mors want fonteinwater neutraliseer die doders. Wat is u mening - sal dit waardeer. Dankie Sampie

Antwoord

Daar is wel ‘n moontlikheid dat fonteinwater weens opgeloste soute en pH die doeltreffendheid van onkruiddoders mag beïnvloed. Etikette van onkruiddoders dui meestal aan wat die hardheid asook pH van die water behoort te wees sodat die middels effektief kan werk. Byvoegmiddels, soos buffers en versagmiddels, kan by die water gevoeg word waarna die gehalte van só ʹn aard sal wees dat die water nie die middels se effektiwiteit sal benadeel nie.

Dit is egter nie heeltemal waar nie dat fonteinwater die glifosaat en 2,4-D sal neutraliseer; dit mag net die effektiwiteit benadeel. As die water uiters brak is, soos in sommige dele van die Karoo en Kalahari, is die doeltreffendheid van die onkruiddoders redelik ernstig in die gedrang. Sulke water moet vermy word.

* Geskryf deur dr. Gerhard H Verdoorn


Kommentaar

Een kommentaar op “Kan fonteinwater onkruiddoders neutraliseer?

  1. Riekie
    Riekie

    at saaSampie,

    Nou reg uit die ‘bek’ van ‘n mens wat saam met hierdie geleerde tipes, die ‘u’-kursus op skool deur gemaak het….’bulshit’ is ‘n goeie ding, die wat die beste kan ‘kop-vat’ het die groenste gras aan sy kant van die heining….EMF & Magnetiese Resonans etc. is verantwoordelik vir baie Goed & Kwaad. Moenie jou mede boere se advies onderskat nie en soos my pa sou se ‘n toe mond is ‘n heel mond, en reg praat met minimum oor eie sake wat saak maak perfek


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X