Chemikalieë

Hou spinnekoppe weg!

Vraag

Ek lees in die Landbouweekblad van 30 Mei 2014 van Mnr Deon Minnar wat raad vra om spinnekoppe weg te hou. Ons bly op Naboomspruit op 'n plaas. Hier by ons in die bosveld is daar ook vreeslik baie spinnekoppe.... Gewees. Ek het vroeer gereeld knopiespinnekoppe in en om die huis gekry. Selfs vioolskoppe kom in die omgewing voor. Ek het gereeld gespuit en dan ook die eiers, so ronde kokon, verbrand. Gif maak dit nie dood nie. Maar vandat ons 'n klompie hoenders begin aanhou het, het ek geen las meer van spinnekoppe nie. Die hoenders loop op die werf rond en vreet al wat 'n spinnekop, sonder om iets oor te kom. Vandat ons die hoenders het, is daar geen spinnekoppe meer onder vensterbanke nie. Net op plekke waar hulle nie toegang he nie, soos in dromme mag jy dalk een kry. Ek het in hierdie tyd vandat ons hoenders aanhou, nog net een spinnekop in 'n drom gekry. Ek spuit nooit meer nie. Groete. Miertjie Botha

Antwoord

Die hoender-spinnekop verwantskap maak sin want hoenders is omnivore alhoewel hulle meestal graankos deur hul eienaars gevoer word. Mense mag dalk dink as ‘n hoender ‘n giftige spinnekop vreet, die geveerde vergiftig sal word. Dit is egter feit dat as diere of selfs mense sulke giftige dierasies ooral inneem, die maag se verteringsappe die gif detoksifiseer en dus is daar nie gevaar van vergiftiging nie. Dit is egter ‘n ander storie as spinnekoppe hoenders byt want dan eindig die toksien in die bloed en tas die hoender aan. Ek neem aan ‘n eiersakkie van ‘n swart knopiespinnekop lyk vir ons as mense maar grillerig maar vir ‘n hoender is dit ‘n lekkerny van skoon proteïen!

* Geskryf deur dr. Gerhard Verdoorn, direkteur: Griffon-gifinligtingsentrum


Kommentaar

Een kommentaar op “Hou spinnekoppe weg!

  1. Done
    Done

    Goeie More
    Wonder of u kan helo? My dogter bly in Vredendal (Wes Kaap). Hulle het baie knopie spinnekoppe klink soos die bruin ene wat baie gevaalike is. Syt n dogtertjie van 5 jaar. Sy wil weet wat kan sy plant om hulle uit te hou en slange/


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X