Chemikalieë

Honderde kraaie sak op plaas toe, lammers vrek

Vraag

Goeie dag. Ons boer met skaap, bees en wild. Op ons buurplaas word daar met hoenders en varke geboer. Ons het nooit 'n kraai van 'n dag oud gesien nie. Sedert die varkboerdery bygekom het is daar 'n plaag van kraaie. Honderde kraaie. In Maart en April maand het daar baie lammers van die skaap en wild, en selfs kallers gevrek. Drie van die ander buurplase het ook gekla oor hul lammers wat so vrek. Gesamentlik het ons plus minus 600 lammers verloor. Ek wil graag weet kan kraaie siektes versprei? Indien wel, watse siektes? Kan dié plaas aanspreeklik gehou word vir die vrektes? Dankie.

Antwoord

Die boer moet sy veearts nader vir nadoodse ondersoeke op die lammers om vas te stel watse siekte die diere doodgemaak het. Dit help nie om die oorsaak by die kraaie te gaan soek nie want daar is tans siektes wat duisende lammers doodmaak want nie noodwendig met kraaie verband hou nie. As die kraaie oormatig word moet die boer die plaaslike gesondheidsowerhede kontak vir inspeksie want daar word waarskynlik afval gestort wat die kraaie lok.

* Geskryf deur dr. Gerhard Verdoorn, direkteur van die Griffon-gifinligtingsentrum.

31 Mei 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X