Chemikalieë

Hoe nou met molle in die tuin?

Vraag

Ek het ewe skielik baie molle in my tuin en het al baie spandeer op middels by die plaaslike boermark , maar niks werk nie, wat kan u voorstel om hulle te dood of te vang ? Dankie John

Antwoord

Dr. Gerhard Verdoorn is die direkteur van die Griffon-gifinligtingsentrum en ’n konsultant vir die landbou-chemiese bedryf. Hy gee raad oor verantwoordelike plaagbestryding en die beskerming van mense en die natuur teen vergiftiging.

Planne om molle te verdryf

Hoe kan mens ontslae raak van kruipmolle in jou tuin?
Daar is twee geregistreerde produkte wat molle sal verdryf: Efekto se Molafweerder (dit bevat knoffelekstrak en die registrasienommer is L6271) en Mole-Go van Down to Earth (dit bevat ook knoffelekstrak en die registrasienommer is L7073). Albei is te kry by koöperasies, kwekerye en ysterwarewinkels. Die beste manier om dit aan te wend is om laatmiddag al die molshope en tonnels plat te stoot. Die volgende oggend se inspeksie sal wys watter hope en tonnels aktief is en die produk word dan daarin gegiet. Dra handskoene, want die ekstrak het nogal ’n sterk reuk!


Kommentaar

Kommentaar (8) “Hoe nou met molle in die tuin?

  1. Schalk
    Schalk

    Ek het in Oos Londen gewoon en net soveel molle in die tuin gehad. Raad wat ek toevallig raak gelees het is: “fluit fluit die molle uit die tuin uit” Elke oggend as jy opstaan, in plaas van toilet toe, gaan skop die hoop plat en urineer in die tonnel. Die skerp ruik het hulle weg gejaag.

  2. Henk
    Henk

    Druk heel knoffel huisies in die tonnels,en siedaar,molle gee pad. Die speel windpompe wat n mens langs die paaie kan koop,sit so een of twee in jou tuin,die vibrasie irriteer die molle,gee dan ook pad.

  3. Rejeanne Stears
    Rejeanne Stears

    Ons het alle produkte wat by die kooperasie beskikbaar al probeer. Dit lyk nie of enigiets help nie. Ek het baie clivias in die tuin en het feitlik al die helfte daarvan verloor. Ons is raadop. Die een produk wat ‘n kenner aanbeveel het is nie beskikbaar om aan te koop nie. Die produk is Phostoksien/Fostoksien.

  4. Annetjie
    Annetjie

    hi daar

    kan iemand my wel se of ons molle in “Mokopane (Potgietersrus) kry? waar kom hulle eintlik voor?

  5. Jaco
    Jaco

    Hallo

    Ek woon in Viking Village Zonnendal Kraaifontein en my grasperk val al gatte in van al die molle ondergronds, ek het al n Vibrator pen gekoop en ingedruk maar niks help nie. Dit is nie kruipmolle nie dis groot goed. Ek het al pille ingedruk met n nat koerant agter die pille wat n gas afgee maar hulle kom net op n ander plek uit. Ek is raadop asb weet iemand van iets wat werk???? By Voorbaar Dankie

  6. Attie
    Attie

    ‘N paar jaar terug ook molle in my tuin gehad my hele grasperk omgedol ek het n ‘n pup in my diesil bakkie se uitlaat pyp en die molle Vargas nooit weer
    Groete

  7. Antonette
    Antonette

    Hi daar

    Jaco, ek bly ook in jou omgewing. Ek wil behoorlik mal raak! Ek het al enige raad gevolg, van ou batterye in die gat, tot water, tot stokke met lee koeldrankbottels met “venstertjies”. Het vandag gehoor oor die garlic ding. Biertjie opgelees, en net môre is dit ek, garlic en daai flippen mol(le)!!!

  8. petrus
    petrus

    diunemolle grawe gat so diep dat twee tonnels gevind word twee slagysters een in elke gat bevestig ketting anders is die slagyster weg.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X