Chemikalieë

Gif vir brandpaaie

Vraag

Is daar 'n gif wat ek op my brandpaaie kan gebruik om die plantegroei te beheer sonder dat dit die beeste en'of skape wat daar wei sal beïnvloed?

Antwoord

Mnr. Boeta du Toit, wat met beeste en wild op 3 000 ha op Orion, by Zeerust in Noordwes, boer, het ‘n praktiese en uitstekende metode gevind om verwoestende veldbrande te voorkom. Hy bespuit ‘n breë strook gras al langs sy plaasgrense met ‘n onkruiddoder, brand dan die dooie gras af en maak so doeltreffende brandpaaie. Die bestryding van veldbrande deur middel van beheerde voorbrande vorm ‘n noodsaaklike deel van sy weidingbestuur. Hy is die eerste boer in dié streek wat die sistemiese onkruiddoder Mamba (reg.no. L4817, Wet 36/ 1947) op die proef gestel het om ‘n brandstrook te skep wat as ‘n doeltreffende brandpad kan dien. Hy is in sy skik met die resultate wat hy behaal het.

9 Maart 2017


Kommentaar

Een kommentaar op “Gif vir brandpaaie

  1. Daan Erasmus
    Daan Erasmus

    My neef in Ermelo spuit melasse op die gras teen die grens draad. Die beeste vreet dan ‘n strook skoon. Baie veiliger. Geen brandgevaar.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X