Chemikalieë

Beheer van oliebome in lusern

Vraag

Is daar middels wat geregistreer is vir die beheer van oliebome in lusern?

Antwoord

Daar is verskeie geregistreerde onkruiddoders wat wel vir die beheer van stinkolie (Datura spesies) in lusern gebruik kan word. Al die produkte bevat bromoksiniel as aktiewe bestanddeel. Belangrik is om die etiket goed te lees en die aanwysings streng na te volg. Dit is ook belangrik om te let op die onthoudingsperiode van 40 dae, m.a.w. die lusern mag nie bewei word of as voer gesny word vir veertig dae na aanwending nie. Dit is ook raadsaam om nie die onkruide te spuit as die lusern onder te veel stres is nie; dit moet gesond wees en goeie groei toon. Bly ook weg van enige benatters aangesien dit die lusern sal beskadig.

‘n Geselekteerde paar produkte is as volg:

  1. Voloxynil B 225 EC van Arysta LifeScience L7302 (bevat 225 g/l bromoksiniel).
  2. Bromoxynil EC van Universal Crop Protection L4466 (bevat 225 g/l bromoksiniel).
  3. Campatop 225 EC van Villa Crop Protection L5320 (bevat 225 g/l bromoksiniel).
  4. Bentrol Super van Bayer CropScience L5167 (bevat 450 bromoksiniel).
  5. Bromotril P 500 SC van Adama SA L7019 (bevat 500 g/l bromoksiniel).
  6. Bromoxy EC van Meridian Agrichemical Co (bevat 450 g/l bromoksiniel).

Geskryf deur: dr. Gerhard Verdoorn, Griffon Giftigheidsinlgtingsentrum.

(nesher @tiscali.co.za)

23 November 2015


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X