Landbouweekblad, 16 Mei 2014

Deur LBW
8 Mei 2014
Dit is moontlik om sojabone se opbrengs met verbouingsmetodes, soos doeltreffender besproeiing, te laat styg. Lees die artikel op bl. 40. Die voorbladfoto is tussen Bethlehem en Warden geneem. Foto: JOHAN NORVAL

Ander artikels in dié uitgawe:
Markindeks rig Afrika-uitvoer
Boer verrig wondere met soja-opbrengs
‘Koop’ nog ’n plaas met veldbestuur
Grond: Swaeltekort kwel
Verbeter veld met armmanslusern (Boereplan)
Kluis beskerm boorgatpomp
Tegnologie is sleutel tot wins
Moenie jou ’n kat in die sak koop nie . . .
Hou SA by met teelwaardes?
Slim skaal swaai winsgrens opwaarts
Vleilande suiwer wynkelder se water
Die beste van Agritechnica
Plaasverkope

SPESIAAL: Dieregesondheid
SPESIAAL: Op Nampo
BYLAE: Breedplan-vleisbeesskool
SPESIAAL: Sansor

Nuus:
Kommentaar en Manie
Hoofnuus: Beeste van R1,5m. toe nié gesteel
Skaars wild: Rekordpryse een ná die ander opgestel
Salem: Gronduitspraak skok landbou
Merino-wêreldkongres, Stellenbosch
SA Stamboek se Elite-wenners aangewys, Bloemfontein
Skou: Willowmore: SA se beste vleisbokke
Skou: Windhoek: Juniors sê mekaar die stryd aan

Vir die gesin:
Boerekos: Soete verleiding
Martelize veg vorentoe
Wilskrag en oorgawe laat haar onderneming blom (Kompetisie)
My bul, Frankie (Verhaal)
Om deur ’n breëhoeklens te kyk (Hart tot hart)

Teken in op Landbouweekblad


Kommentaar

Kommentaar (2) “Landbouweekblad, 16 Mei 2014

  1. André van Niekerk
    André van Niekerk

    Het ‘n uitgawe van LBW by ond biblioteek in Hermanus uitgeneem warin daar ‘n resep vir Rice Krispies en dadelkoekies was – ons het dit gemaak en dit was heerlik ! Het dit ongelukkig egter nie neergeskryf nie en die LBW intussen teruggeneem. Nou wil ons die koekies weer maak en sit nou sonder die resep !! Kan julle ASSEBLIEF help met die resep ???

    • Petro Bosman
      Petro Bosman

      Andre, hier Arina, ons kosredakteur, se antwoord:
      “Ek kan nie onthou dat ek al ooit ’n koekieresep gepubliseer wat dadels sowel as Rice Krispies inkry nie. Hier is die enigste resepte wat ek kan kry wat naastenby klink soos dit waarna die leser op soek is”:
      Arina

      Muesli-stafies
      Dié koekies word nie gebak nie – dis dus vinnig om te maak, maar moet in die yskas gebêre word.

      625 ml muesli van jou keuse
      125 ml rooi glanskersies, grof gekap
      100 g (1 pakkie) gemaalde amandels
      375 ml pofrysvlokkies (Rice Krispies)
      250 ml klapper
      1 x 397 g blik volroom-kondensmelk
      100 g botter
      Meng die muesli, kersies, amandels, rysvlokkies en klapper goed. Smelt die kondensmelk en botter saam tot glad oor baie lae hitte (wees versigtig, kondensmelk brand maklik aan) en voeg by die droë bestanddele. Roer goed tot deeglik gemeng. Keer uit in ’n gesmeerde pan van sowat 20 x 25 cm en druk goed vas. Maak seker die mengsel is egalig. Verkoel tot stewig en sny in vingers. Bêre in ’n lugdigte houer in die yskas. Lewer 20-25 stafies.

      Maklike droëvrugteblokkies
      200 g wit sjokolade, gekap
      100 g droë appelkose, fyn gesniper
      100 g sultanas of pitlose rosyne
      100 g droë vye of pere, fyn gesnipper
      50 g ongesoute neute van jou keuse
      60 ml koekmeel
      250 ml Rice Krispies

      Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n gesmeerde koekpan vam 20 cm x 25 cm uit met bakpapier. Smeer weer. Smelt die sjokolade en roer die droëvrugte en neute by. Meng goed. Voeg die meel en Rice Krispies by en roer goed deur (dit sal ’n ferm mengsel wees). Skep in die pan en smeer gelyk met die agterkant van ’n lepel. Bak vir 20 minute tot liggoudbruin. Verwyder uit die oond en laat goed afkoel. Lig uit die pan en sny in vingers. Bêre in ’n lugdigte houer tussen lae waspapier.
      Lewer 15 vingers.  

      Dadelblokkies500 ml koekmeel
      3 ml sout
      5 ml fyn kaneel
      250 ml sagte botter
      375 ml suiker
      2 eiers
      5 ml koeksoda
      60 ml warm water
      500 g ontpitte dadels, fyn gekap
      250 ml okkerneute of pekanneute, fyn gekap
      Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer koekpan van 15 cm x 25 cm met botter. Voer uit met foelie of bakpapier en smeer weer. Meng die meel, sout en kaneel goed saam. Verroom die botter en suiker tot lig en romerig en voeg die eiers een vir een by. Klits goed na elke byvoeging. Meng koeksoda, water en dadels en laat staan vir vyf minute. Voeg dit saam met die neute en droë bestanddele by die bottermengsel. Meng goed en skep in voorbereide pan. Bak vir 50-60 minute tot gaar. Laat vir 15 minute in die pan afkoel, keer uit en sny in blokkies. Bêre in ’n lugdigte houer tussen lae waspapier.
      Lewer sowat 25 blokkies.

      Warm dadelkoekies
      125 g sagte botter
      125 ml strooisuiker
      4 eiers
      5 ml bakpoeier
      280 ml koekmeel
      5 ml kaneel
      3 ml neutmuskaat
      1 ml gemaalde naeltjies
      125 ml melk
      5 ml vanieljegeursel
      175 g sagte dadels, baie fyn
      gesnipper

      Voorverhit die oond tot 170 °C en smeer ’n muffinpan se holtes goed met botter. (As jy ’n groot koek wil bak, gebruik ’n losboomkoekpan van 20 cm.) Verroom die botter en suiker baie goed tot lig en donsig. Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Sif die bakpoeier, meel en speserye bo-oor en voeg die melk en vanieljegeursel by. Roer tot net gemeng en voeg dan die dadels by. Meng goed en skep in die gesmeerde pan. (Maak die holtes driekwart vol.) Bak vir 12-15 minute tot die koekies gaar is of ’n toetspen skoon uit die middel daarvan kom. Sit louwarm voor met botterkaramelsous, vla of dik room.
      Lewer ongeveer 10 koekies.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.