Hoeveel bekende rugbyspelers boer?

Deur Jan Bezuidenhout
7 April 2015
Ken jy dié man?

Dié bekende rugbyspeler van weleer is op sy wynplaas buite Somerset-Wes raakgeloop. Die wynmaker Abe Beukes het ʹn klompie mediamense genooi om aan verskeie van Yonder Hill se wyne te gaan proe.

Raai wie help om dié spulletjie skrywers te verwelkom? Frikkie Naudé, voormalige heelagter van die Vrystaat en die WP in die laat 1970’s tot in 1980. Frikkie en sy vrou Danila is die eienaars van Yonder Hill. Frikkie is ook olyfboer van formaat op Olyfberg, Robertson. Die Naudés het dié onontwikkelde plaas in 1995 gekoop en het nagenoeg 100 ha onder olyfbome gevestig. Pionierswerk in daardie jare!

Frikkie is ‘n sakeman op Stellenbosch en ondervoorsitter van die Chris Burger/Petro Jackson-fonds vir beseerde rugbyspelers.

ʹn Mens wonder net hoeveel bekende rugbyspelers ná hul speler-dae gaan boer het en dit óók suksesvol bedryf? Dit moet ‘n ellelange lys name wees! Dink maar aan Jan Boland Coetzee, Chris Rossouw, Henri Honniball, Frik du Preez, Burger Geldenhuys, dr. John Williams, Mannetjies Roux, en wie weet wie nog.


Kommentaar

Kommentaar (5) “Hoeveel bekende rugbyspelers boer?

  1. Gerhard Eybers
    Gerhard Eybers

    Plaas ook vir Hempies du Toit, Schalk Burger (Snr) op die lys.

  2. Johan
    Johan

    Bossie Clark boer met skaap net buitekant Hermanus in die Wes-Kaap.

  3. Ranga Chimombe
    Ranga Chimombe

    Hempies Du Toit I am sorry but I will write I. English because you asked that slegs in aftikaans

  4. Danie Coetzee
    Danie Coetzee

    My skoonseun, Daan Human, 4 toetse vir die Bokke gespeel die Cheetahs en die Stormers verteenwoordig en later 100 wedstryde vir Toulouse gespeel, boer in Verkeerdevlei.

  5. Koot
    Koot

    Dis altyd goed om te lees van mense wat suksesvol is. Frikkie se wynreeks, Yonder Hill en Y is altyd lekker om op jou spyskaart te sit of langs die braai oop te maak. Ek sien ook sy Olyfberg produkte in verskeie winkels. Olyfberg se olie en rome is besonder.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.